Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Hoeveel taalmonumente is daar in Suid-Afrika (05.07.10)

Hoeveel taalmonumente is daar in Suid-Afrika?

MEDIAVRYSTELLING
Maandag 5 Julie 2010

Geen embargo

Hoeveel taalmonumente is daar in Suid-Afrika? Dit is die vraag wat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl graag wil beantwoord met ʼn nasionale opname.

Annemarie van Zyl, navorser by dié instelling, sê dat sy tot dusver min inligting kon opspoor oor ander taalmonumente.

“Ons is bewus van die monument op Burgersdorp, wat op 18 Januarie 1893 vir Hollands opgerig is en gedeeltelik verwoes is in die Anglo-Boere-oorlog, waarna ʼn replika gebou is. Vandag staan albei monumente langs mekaar op Burgersplein. Daar was ook ʼn taalmonument op Welkom, wat gedeeltelik verwoes is in ʼn opsetlike ontploffing op 3 Februarie 1993, maar ons weet nie of dit ooit herbou is nie. In Oos-Londen is daar ook ʼn monument wat op 19 September 1975 tydens ʼn plaaslike Taalfees onthul is.”

Van Zyl beskik egter net oor foto’s van die monumente op Burgersdorp en Welkom. Sy het ook verneem dat daar taalmonumente op Lichtenburg en Trompsburg opgerig is, maar kon geen bevestiging daarvoor kry nie.

Enigeen wat oor inligting oor ander taalmonumente in Suid-Afrika beskik, kan vir Annemarie van Zyl kontak by tel. 021 8723441 of ʼn e-pos stuur na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Einde
Medianavrae kan gerig word aan Isabeau Botha by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of tel. 021 872 3441 / 076 017 6026.


 

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441