Sluit aan by die Taaljunkies jeugklub
Die jeugklub van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl staan bekend as die "Taaljunkies”. Marike Brits (23) van Sabie het met dié voorstel die museum se landwye naamgeekompetisie gewen. Die klub se leuse is “verslaaf aan ons taal”.

Die doel van dié jeugklub is om jongmense bewus te maak daarvan dat museums nie vervelige plekke is nie. Janine September, erfenis- en opvoedkundige beampte by die Taalmuseum en -monument, het in 2010 ʼn toespraak by ʼn nasionale museumkonferensie gelewer oor haar en ander jongmense se verwagtinge en denke aangaande museums. Na dié toespraak, wat haar ʼn prys as nuwelingspreker besorg het, het die idee ontstaan om ʼn jeugklub te begin.
Graad 6- tot 12-leerders en studente jonger as 21 kan as lede aansluit. Die lidmaatskapfooi is R5 per kwartaal en lede ontvang ’n klubkaartjie wat jaarliks hernieu word.
Opwindende projekte en geleenthede word vir die Taaljunkies aangebied.
Laai die lidmaatskapvorm af - dit is ook beskikbaar by die Taalmuseum in Pastorielaan. Vir meer inligting, kontak Janine September by tel. 021 872 3441 of stuur ʼn
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
.






