Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Die eerste Taalmonument Aandwedloop (30.11.11)

Die eerste Taalmonument Aandwedloop

Die eerste Taalmonument Aandwedloop, aangebied in samewerking met die Historium Konferensiesentrum en Paarl Atletiekklub, vind op Woensdag 14 Desember 2011 by die Taalmonument in die Paarl plaas. Die wedloop word aangebied ten bate van Huis Andrew Murray, ‘n Wellingtonse kinderhuis. Drakenstein Munisipaliteit is een van die hoofborge van die geleentheid.  

Taalmonument Aandwedloop

Die wedloop, wat volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, vervang die gewilde Simonsvlei-wedloop op die wedloopkalender and volg ‘n opwindende en uitdagende nuwe roete. Die 10 km-wedloop begin om 18:30, en die 5 km-pretloop om 18:40. Die inskrywingsfooi is R40 vir die 10km (tydelike nommers sal beskikbaar wees teen R25) en R15 vir die pretloop. Stappers is welkom om deel te neem. Toegang sal gratis wees vir ondersteuners, wat genooi word om ‘n piekniek met musiek te kom geniet. Eie piekniekmandjies is welkom en verversings sal te koop aangebied word.

Medaljes en kontantpryse is op die spel en gelukkige trekkings sal plaasvind. Atlete kan aanlyn inskryf by www.entrytime.com / www.sa-active.co.za (spertyd vir aanlyn-inskrywings is op 09.12.11) of ‘n inskrywingsvorm aflaai. Inskrywings op die dag van die wedloop kan tussen 17:00 en 18:15 by die Taalmonument gedoen word.

Vir navrae oor die 10 km-wedloop, kontak Sybrand du Plessis by 083 444 6940, en vir navrae oor die 5 km-pretloop, kontak Hanri Laubscher by 082 210 8426.

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441