Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Boekherstelgroep by die Afrikaanse Taalmuseum (01.12.11)

Boekherstelgroep by die Afrikaanse Taalmuseum

'n Boekherstelgroepie is op die been gebring deur 'n aantal mense wat die boekherstelkursusse by die Afrikaanse Taalmuseum bygewoon het. Die doel van die groepie is om vir mense die geleentheid te skep om saam-saam aan hul boeke te werk en sodoende nie die kennis wat tydens die werkwinkels opgedoen is, verlore te laat gaan nie. Die groepie kom een maal per maand by die Taalmuseum bymekaar.

Annemarie van Zyl, die museum se navorser en koördineerder van die groepie, sê:  "Dit werk uitstekend, aangesien dit ons dwing om tyd af te staan aan boekherstel, en ons ondersteun mekaar met raad en wenke, ook oor die verkryging van die gespesialiseerde materiaal, wat maar 'n groot tameletjie is. Die groepie funksioneer heeltemal informeel, dit is nie 'n formele lesing of werksessie nie, en enigeen wat alreeds 'n basiese kennis van boekherstel het, is welkom om by ons aan te sluit."  

Vir verdere inligting, kontak Annemarie per Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441