Nominasies word namens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), in samewerking met die Historium Trust en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, ingewag sodat agt onbesonge heldinne van hierdie gemeenskap tydens Vrouemaand vanjaar vereer kan word.

HOE OM IN TE SKRYF:
Daar is drie maniere om in te skryf:

1. Klik hier http://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2022/07/Merkwaardige-vrou-2022-afrikaans-Afrikaans.pdf om die vorm af te laai – dit is ook selfoonvriendelik!
2. Voltooi die vorm volledig en e-pos dit na: kommunikasie@taalmuseum.co.za.
3. Voltooi die vorm volledig en WhatsApp-foto’s van die inskrywing na: 076 017 6026.

SLUITINGSDATUM VIR NOMINASIES: 30 Julie 2022

REËLS:
1. Geen lid van die Paneel, of enige werknemer van die ATM, KWDM of Historium Trust of hul onmiddellike families mag deelneem of persone vir hierdie geleentheid benoem nie.
2. Benoemdes moet inwoners van die Kaapse Wynlande-Distriksmunisipaliteit wees.
3. Benoemdes en die benoemer moet beskikbaar wees om die glansgeleentheid persoonlik op 23 Augustus 2022 by te woon,
4. Benoemdes moet ‘n kontakbare telefoonnommer hê.
5. Finaliste moet bereid wees om aan onderhoude en verfilming deel te neem, vir gebruik op ‘n verskeidenheid mediaplatforms.
6. Inskrywings sluit op 30 Julie 2022 – Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.