Binne drie weke het byna 15 miljoen paar oë wêreldwyd reeds na ʼn futuristiese Afrikaanse Taalmonument gekyk danksy die gratis YouTube-reeks ‘Origin’ wat uitgesaai word. Hoewel die monument dieselfde lyk, is die omgewing beslis nie. En raai watter taal praat die mense binne die monument? Sien die eerste episode by www.youtube.com/watch?v=9fUU6y5-rTc&t=963s – die monument verskyn tussen minuut 9 en 10. Die reeks, wat in Suid-Afrika geskiet is, volg ‘n groep vreemdelinge wat gestrand is op ‘n ruimtetuig wat oppad is na ‘n verre planeet, Origin, om van hul lewens op Aarde te ontsnap. Die agtergelate passasiers moet saamwerk vir oorlewing, maar besef gou dat een van hulle glad nie is wat hulle voorgee om te wees nie. Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Origin_(TV_series) vir meer inligting.