As Afrikaans warm deur jou are klop, wil jy sommer om elke hoek en draai ons mooiste taal vier. Trouens, Afrikaans lê so na aan die harte van sy sprekers dat (volgens Wikipedia) dit die enigste taal in die wêreld is waarvoor ‘n monument opgerig is! Baie dankie aan die Afrikaanse taalmonument wat hierdie pragtige foto aan ons beskikbaar gestel het. Gaan loer gerus in by www.taalmonument.co.za as jy wil sien wat hulle doen om Afrikaans te bevorder.