Dameskring Wynland

Die Wynland Dameskring bied aan ’n aand van vermaak op Donderdag 10 Augustus 2017 by die Strooidakkerk in die Paarl ter viering van taaldag.

Vanjaar se tema is “Kos, Kultuur en Koesister”. Op die program is storieverteller Elsabé du Plessis, koskenner Hetta van Deventer Terblanche en die Serenadegroep van HJS.

Die funksie begin om 19:00 in die kerksaal van die Stroodakkerk in Reservoirstraat.Kaartjies is teen R100 beskikbaar by die Wynland dameskring (tel. 021 863 1422/072 219 4206/082 414 2278).

Die kaartjieverkope is ten bate van die Dameskring se beursfonds vir behoeftige Afrikaanse studente en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se leesprojek vir kinders, Laat ons Lees! Gaste word aangemoedig om ‘n Afrikaanse kinderboek, nuut of tweedehands, saam te bring ter ondersteuning van dié leesprojek.