Die Historium Konferensiesentrum is geleë in die hartjie van die Paarl langs die Afrikaanse Taalmuseum. Ons konferensiesaal bied sitplek vir 100 mense. Ons raadsaal is ideaal vir werkswinkels of opleidingsessies (tot 20 mense). Die Historium is ook geskik vir klein troues.

Ons sentrum word dikwels gebruik vir werkswinkels, opleidingsessies, kunsuitstallings, spanbousessies, ekstra klasse, aërobiese oefenklasse, produkbekendstellings, kerk- en Bybelstudiegroepe én bemarkingsaktiwiteite.

Ons fasiliteite sluit ‘n pragtige tuin en ‘n ten volle toegeruste kombuis in.

Vir enige navrae oor ons tariewe, kontak die Historiumbestuurder gerus vir ‘n kwotasie.

Kontakbesonderhede:

Adres: Pastorielaan 11, Paarl (langs die Afrikaanse Taalmuseum)
GPS-koördinate: 33° 44′ 03.30″ S 18° 57’ 48.46″ E
Aanwysings en kaart
Tel. +27 (0)21 872 2022
E-pos navraag
www.historium.co.za