
Taalbeplanning verwys na die doelbewuste pogings om kommunikasieprobleme binne ’n (spraak)gemeenskap aan te pak. Dit sluit onder meer in die bestudering van variasie en dialekte asook die ontwikkeling van beleide wat die gebruik van ’n taal kan stimuleer.
Taalherlewing is ’n belangrike onderdeel van taalbeplanning en handel oor die gebruik van taal en die uitbreiding van gebruiksmoontlikhede van ’n taal. Dit is veral noodsaaklik in veeltalige lande of situasies waar sekere tale meer dominant as ander tale is.
In Suid-Afrika vind taalbeplanning en -herlewing ook plaas en daar is verskillende taalherlewingsprojekte aan die gang, ook wat Afrikaans betref. Met die paneelgesprek hoop die ATM om enkele van hierdie projekte, navorsing en mense daarby betrokke te belig.
taalmuseum.co.za