Volksmond logo1

Geagte besoekers:

Ons vra om verskoning dat Volksmond by die Afrikaanse Taalmonument vanaf 13 tot en met 17 November 2017 gesluit sal wees. Dit is weens afrondingswerk aan hierdie gewilde restaurant se vergrote en verbeterde perseel. Ons sal tydens hierdie fase finaal intrek en als eksieperfeksie maak sodat ons ‘n selfs beter diens aan gaste kan bied.

Volksmond aanvaar steeds groepbesprekings vanaf 18 November 2017. Die spyskaart sluit in heerlike ontbyte, piekniekmandjies, middagetes, koek, tee, koffie, bier en wyn.

Ons bedank u vir die volgehoue ondersteuning en sien daarna uit om die opening van die nuwe Volksmond te vier.

Vir enige navrae en besprekings, kontak ons op 021 863 2800 of pierrethiart@ymail.com