Volksmond logo1

Geagte besoekers:

Ons is trots om aan te kondig dat die gewilde Koffiewinkel by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl tans vergroot en verbeter word om ‘n selfs beter diens aan gaste te bied. Volksmond sal geopen bly terwyl die bouwerk aan die gang is, maar die diens sal tydelik verskuif na die nabygeleë Besoekersentrum.

Volksmond is elke dag oop van 08:00 tot 16:45 en aanvaar steeds groepbesprekings. Die spyskaart sluit in heerlike ontbyte, piekniekmandjies, middagetes, koek, tee, koffie, bier en wyn.  Afrikaanse boeke, handwerk, poskaarte en aandenkings is te koop.

Ons bedank u vir die volgehoue ondersteuning en sien daarna uit om die opening van die ‘nuwe’ Volksmond in November 2017 te vier.

Vir enige navrae en besprekings, kontak ons op 021 863 2800 of pierrethairt@ymail.com