Met die dag van liefde weer om die draai, is dit gepas om ‘n paar ou Afrikaanse Valentynskaarte van ‘n eeu gelede te laat herleef en hulle só weer te bewonder. Min is egter bekend oor hierdie kaarte wat jare gelede deur ‘n me Valerie Hough van George aan die Taalmuseum geskenk is. Maar onbekend beteken nie onbemind nie! Ons gaan elke week een plaas en hoop dat dit jou sal inspireer om oorspronklike, skeppende liefdeskaarte in Afrikaans vir 2019 op te tower. Daar is selfs ‘n groot, verruklike prys op die spel vir een gelukkige paartjie, dus hou ons Facebookblad dop vir besonderhede. Plaas jou kaartjie gerus op Instagram en merk (‘tag’) @taalmonument en op Facebook en deel met die Afrikaanse Taalmonument.
Onthou ook ons Sterrekykpiekniek, Volmaanpiekniek en ‘Minnesang en Maanskyn’-konsert met Leah en Karin Kortje wat in die liefdesmaand plaasvind.
www.taalmonument.co.za