Ons planne om ’n navorsingsentrum op die been te bring, is goed op dreef. Ons bied navorsingsdienste en beskik oor 'n leeskamer waar besoekers op afspraak kan kom navorsing doen.
Ons navorser is tans besig om al die dokumente in die museumbiblioteek en -argief in ’n nuwe katalogus op te neem wat uiteindelik aanlyn beskikbaar sal wees.
Vir meer inligting en om 'n afspraak met ons navorser te maak, kontak vir Annemarie van Zyl by tel. +27 (0)21 872 3441 of e-pos
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
. (Werkure Ma., Wo., Vr. 08:30-16:30)