Dis met spyt dat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aankondig dat hierdie konsert weens reënweer uitgestel word tot Saterdag, 19 Februarie 2022. Voorafgekoopte kaartjies sal dan ook geldig wees; diegene wat egter verkies om te kanselleer, sal hul geld terug ontvang. Ons vra om verskoning vir enige ongerief, maar sien uit na ʼn heerlike konsert en piekniek met Chadleigh Gowar en die ander sterre hierdie somer. Vir meer inligting, sien www.taalmonument.co.za