Lede van die publiek word uitgenooi om die Historium Trust se jaarvergadering op Dinsdag, 14 November 2023, vanaf 17:30 tot 18:30 in die Historium Konferensiesentrum te Paarl by te woon. RSVP vir Amila op info@historium.co.za of 021 872 2022 voor Maandag, 13 November 2023, om 17:00.
DOELSTELLING VAN DIE TRUST
- Die hoofoogmerk van die Trust is om ter wille van die ontwikkeling, aanmoediging en bevordering van die Afrikaanse taal ’n fonds in die Republiek van Suid-Afrika te behartig met die uitsluitlike doel om skenkings en gelde te ontvang, en om hierdie skenkings en gelde vir die ontwikkeling, aanmoediging en bevordering van Afrikaans aan te wend.
- Die ander oogmerk is om fondse in te samel en om belangstelling in die Afrikaanse taalgeskiedenis te bevorder, veral onder die jeug, deur onder meer saam te werk met opvoedkundige, kulturele en ontspanningsinstellings op nasionale, provinsiale, streeks- en plaaslike vlak.