Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Historium Konferensiesentrum langs die Taalmuseum

Historium Konferensiesentrum

Die Historium Konferensiesentrum is geleë in die hartjie van die Paarl langs die Afrikaanse Taalmuseum. Ons konferensiesaal bied sitplek vir 100 mense. Ons raadsaal is ideaal vir werkswinkels of opleidingsessies (tot 20 mense). Die Historium is ook geskik vir klein troues.

Ons sentrum word dikwels gebruik vir werkswinkels, opleidingsessies, kunsuitstallings, spanbousessies, ekstra klasse, aërobiese oefenklasse, produkbekendstellings, kerk- en Bybelstudiegroepe én bemarkingsaktiwiteite.

Ons fasiliteite sluit 'n pragtige tuin en 'n ten volle toegeruste kombuis in.

Vir enige navrae oor ons tariewe, kontak die Historiumbestuurder, Hanri Laubscher, gerus vir 'n kwotasie.

Kontakbesonderhede:

Adres: Pastorielaan 11, Paarl (langs die Afrikaanse Taalmuseum)
GPS-koördinate: 33° 73' 42" S 18° 96' 33" E
Laai 'n kaart met aanwysings af
Tel. +27 (0)21 872 2022/ +27 (0)82 210 8426  E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Sluit aan by ons op Facebook: Historium Konferensiefasiliteite
 

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441