Ter ere van Afrikamaand, Museumdag en amptelike Afrikaans kry almal gratis toegang tot die Taalmonument EN Taalmuseum op 18 en 25 Mei. Op 21 Mei is daar gratis toegang tot die Taalmuseum, maar slegs met voorafbespreking. Die dae sluit onder meer gratis rieldanse en marimba-musiek in, dus dit is die perfekte geleentheid om die monument en museum te besoek as jy lanklaas daar was. En om ʼn piekniek te hou of die ATM Koffiehuis te ondersteun. Afrikaans het ʼn amptelike landstaal op 8 Mei 1925 geword en 18 Mei is Internasionale Museumdag. Sien taalmuseum.co.za/gratis-toegang-vir…/ rakende 21 Mei en www.taalmuseum.co.za/taalmonument-gratis-toegang…/ rakende 25 Mei.
• Neem asseblief kennis dat besoekersgetalle gereguleer kan word in ooreenstemming met veiligheids- en sekuriteitsprotokolle. Groepe van 10 of meer moet asseblief vooraf bespreek.