ATM--Construction13

Gesoek: almal wat gewerk het aan die taalmonument

Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl is op ’n sending: om kontak te maak met enigiemand wat in die vroeë 1970’s, of self vroeër, ’n rol gespeel het in die skepping en inwyding van hierdie unieke beeldhouwerk. Die doel is om erkenning te gee aan almal wat deel was van ‘n fassinerende stukkie geskiedenis – deur hul oë en stemme.

Ken jy dalk iemand wat betrokke was by die fondsinsameling? Of iemand wat gebou het of enige werk verrig het op die Paarlbergse terrein waar die monument tussen 1972 en 1974 opgerig is? Was jou familie dalk by die opening van die monument in 1975 of het een van julle deelgeneem aan die fakkelloop wat dit voorafgegaan het?

Dan wil ons graag jul stories hoor en foto’s sien voordat dit té laat is. Kontak Chantelle de Kock op 021 872 3441/2018 of kurator@taalmuseum.co.za en stuur gerus hierdie versoek na mense wat dalk hiermee kan help. Sien www.taalmuseum.co.za vir meer inligting.

ATM-Construction12