In 2020 vier die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ons 45ste verjaardag. Danksy honderde jare se skeppingswerk, mag ons ons vandag daarin verbly dat daar nie net ‘n unieke instelling ter ere van Afrika se jongste taal, Afrikaans, in 1975 opgerig is nie, maar dat hierdie kleinode rotsvas staan deur nuwe verwikkelinge te omarm. Die ATM gaan van 2020 ‘n grootse jaar maak, met talle bykomende aktiwiteite en vieringe om die ryke diversiteit van Afrikaans se wortels én hedendaagse gedaantes te besing.