taalmonument piekniekkonserte heuwels 2016 2017 nuwe foto verskaf

Die Heuwels Fantasties tree op Vrydag 31 Maart 2017 as deel van die Tuinteater Piekniekkonsertreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op. Dié piekniekreeks is ten bate van Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees!-projek vir kinders.

Die Heuwels Fantasties is ‘n alternatiewe pop-groep wat beskou word as die eerste suksesvolle Afrikaanse elektroniese groep. Dié baanbrekers van hulle generasie beskryf hul musiek as “melodieuse liedjies geskryf op akoestiese kitaar met elektroniese en organiese instrumente geïnterpreteer. ‘n Mens noem dit seker pop.”  Hulle word vereer vir hul energieke optredes en sedert hul ontstaan in 2008 het hulle duisende toegewyde aanhangers verwerf.  Die Heuwels Fantasties het al opgetree by al die groot feeste in Suid-Afrika en het die verhoog gedeel met verskeie internasionale groepe, waaronder Kings of Leon. Hulle het ook al getoer in lande soos Nederland, België en Engeland.

Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies (verkieslik geen glas) en piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone of R350 met ’n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar.

Die piekniekkonsertreeks sluit ook vertonings in deur Arno Carstens en Refentse (2 Desember 2016), Coenie de Villiers, Hemelbesem en Yoma (6 Januarie 2017), The Rockets (27 Januarie 2017), ‘n Valentynskonsert (met onder andere André Schwartz op 14 Februarie 2017), Bobby van Jaarsveld (24 Februarie 2017), en Amanda Strydom en Jak de Priester (10 Maart 2017). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Save

Save