Dans van die Vlamme steek weer Taalmonument aan die brand
Vuurwarm pret gaan gaste weereens vermaak en verbyster

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die Psychedelic Theatre op Saterdag 29 Desember 2018 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree. Voeg daarby heerlike somerweer en lekker pieknieks op die sagte gras van die Tuinteater, dan is dit heeltemal te verstane waarom die ‘Dans van die Vlamme’-vertoning, hul elfde by die monument, ʼn hoogtepunt op die kalender is.

Kry solank ’n voorsmakie deur na hul vorige optredes by die monument.

Foto geneem deur Lovanna Bosman