Dagboek
Geleenthede by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument:
- Laai ons Dagboek van geleenthede in pdf-formaat af
- Kliek hier vir kursusse en werkswinkels
- Kliek hier vir geleenthede by die Paarl Amfiteater
Valentynspiekniekkonsert: 14 Februarie 2012
Die Paarlse troebadoer Craig Scott tree op in ‘n piekniekkonsert by die Tuinteater van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op Valentynsdag, 14 Februarie. Scott is ‘n bekende straatmusikant in die Paarl wat ook gereeld op wynplase optree.
Die twee-uurlange konsert begin om . Die vertoning sluit Afrikaanse en Engelse romantiese ballades in.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of ‘n spesiale Valentynsmandjie by Volksmond Koffiewinkel te bestel teen R230 vir twee persone (tel. 021 863 2800).
Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.
Kaartjies is by die hek beskikbaar, en vooraf by die Taalmuseum in Pastorielaan (Ma. tot Vr. 08:30 tot 16:30) of die Taalmonument (Ma. tot So. 08:30 tot 19:30).
Die Tuinteater Somerkonsertreeks word ten bate van die Taalmonument se Leesprojek aangebied.
Tyd: 19:30 (piekniek vanaf 17:30) Koste: R25
Plek: Taalmonument Tuinteater, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Navrae: Amira Clayton tel. 021 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Klopse piekniekkonsert met die Superstars: 18 Februarie 2012
Die wenners van die 2012 Drakenstein Klopse van die Jaar, die Superstars, tree op in ‘n piekniekkonsert by die Tuinteater van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op Saterdag 18 Februarie.
Die program sluit in optredes deur die Superstars en hul koperblaasorkes, hul nuwe langarm-orkes én solo-optredes.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of ‘n mandjie by Volksmond Koffiewinkel te bestel teen R170 vir twee persone (tel. 021 863 2800). Bier en wyn sal by die biertuin te koop wees – geen eie drank word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.
Kaartjies is by die hek beskikbaar, en vooraf by die Taalmuseum in Pastorielaan (Ma. tot Vr. 08:30 tot 16:30) of by die Taalmonument (Ma. tot So. 08:30 tot 19:30). Plek is beperk.
Die Tuinteater Somerkonsertreeks word ten bate van die Taalmonument se Leesprojek aangebied.
Tyd: 19:30 (piekniek vanaf 17:30) Koste: R30 vir volwassenes en R10 vir kinders (onder 6 jaar gratis)
Plek: Taalmonument Tuinteater, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Navrae: Amira Clayton tel. 021 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Sterrekykpiekniek: 25 Feb. 2012
Die sterrekykpieknieks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, waar besoekers ʼn piekniek kan geniet sowel as die sterrehemel kan verken, word in samewerking met die Orion Observasie Groep (OOG), ʼn informele sterrrekundeklub van die Boland, aangebied.
Besoekers sal van 20:00 tot 22:30 onder leiding van lede van OOG deur teleskope na die sterre kan kyk. Diegene met verkykers word aangemoedig om dit saam te bring en besoekers sal ook leer om sommer met die blote oog die naghemel te verken.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ).
ʼn Begeleide Monumenttoer sal aangebied word om 18:30. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Bring warm klere saam.
Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is.
Tyd: 18:00–22:30 Koste: R25 volwassenes, R10 kinders by die hek
Plek: Taalmonument parkeerarea, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Besprekings (noodsaaklik): Amira Clayton tel. 021 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
of 072 181 6744 (ook vir weernavrae).
Volmaanpiekniek: 9 Mrt. 2012 (met 'n foto-uitstalling)
Piekniekliefhebbers moenie die volmaanpieknieks by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg misloop nie. Dié pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet. Die volmaanpiekniek lok dikwels tot meer as 700 piekniekgangers.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
. Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir ligte verversings.
ʼn Begeleide Monumenttoer sal aangebied word om 18:30 en 19:30.
Geen honde en vure word toegelaat nie. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.
Tyd: 17:00–22:00 Koste: R15 volwassenes, R10 studente, R5 kinders (gratis onder ses jaar) by die hek
Plek: Taalmonument, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Navrae: Amira Clayton tel. 021 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Vlamdansers by die Taalmonument: 31 Maart 2012 (Earth Hour)
Moenie die Psychedelic Theatre se “Dans van die vlamme” ter viering van "Earch Hour" by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl misloop nie. Die vertoning begin om 20:00 by die Tuinteater.
Die vuurdansers sal met brandende hoelahoepels, vuurballe en -swaarde dans, en vlamme eet en uitblaas. Kinders word genooi om vanaf 17:00 te kom vir ’n kans om met die kunstenaars se nie-brandende rekwisiete te speel en dit te koop.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ). Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir koffie en ligte verversings. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.
Kinderaktiwiteit: 17:00 Vertoning: 20:00 Koste: R50 volwassenes, R15 kinders (gratis onder 1 jaar) by die hek
Plek: Taalmonument Tuinteater, Gabbema Doordriftstraat, Paarl
Besprekings: Kaartjies is vooraf beskikbaar by Lanél van der Kolff (084 627 6550).
Navrae: Amira Clayton tel. 021 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien



