Weens die jongste #Covid-19-regulasies, soos aangekondig deur die #staatspresident, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) helaas genope om die beplande Piekniekkonsert met The Rockets van 29 Januarie 2021 af te stel. Ons vra om verskoning hiervoor en sal enige voorafgekoopte kaartjies #vergoed – indien jy dit by die ATM gekoop het, kontak ons direk. Indien jy dit via Computicket gekoop het, kontak hulle direk. Die ATM bly geopen en in hierdie stadium gaan die ander beplande geleenthede in Februarie en Maart 2021 wel voort. Sien asseblief www.taalmonument.co.za vir die jongste inligting en Covid-19-protokolle.