Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) kondig met spyt aan dat die beplande bal om hul 45ste bestaansjaar te vier, gekanselleer is weens die aanhoudende onsekerheid oor die impak van die Covid-19-pandemie asook regeringsregulasies. Houers van kaartjies vir hierdie geleentheid word versoek om Juanita Carstens op fin.assist@taalmuseum.co.za of 021 872 3441 te kontak vir ʼn volledige terugbetaling. Die ATM is oop vir die publiek en gaan voort om virtuele en buiteluggeleenthede aan te bied; meer inligting op www.taalmonument.co.za en Facebook.