Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Kursusse en werkswinkels by die Taalmuseum en -monument

Kursusse en werkswinkels aangebied deur die Taalmuseum en -monument

Kursusse en werkswinkels in boekherstelwerk, kreatiewe skryf en ander interessante onderwerpe word op 'n gereelde basis deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied.

Sterlig-fotografiewerkswinkel

* Leer om ster-strepe ("star trails") af te neem

'n Praktiese werkswinkel aangebied deur professionele fotograaf en geregistreerde toergids, Peter Haarhoff, van die Cape Photographic Company. Eie SLR-kamera (digitaal of 35mm) noodsaaklik. Geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe.

Plek: Taalmonument, Paarl (tydens die Sterrekykpiekniek)
Datum: Saterdag 21 Januarie 2012, Saterdag 25 Februarie 2012
Tyd:18:00-22:30 Koste: R250 (Notas en ligte verversings ingesluit)
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Argitektuur-fotografiewerkswinkel

* Die Paarl se beroemde, geskiedkundige Hoofstraat (sowat 11 km lank en een van die langstes in die land) is 'n argitektoniese fees met style soos Kaaps-Hollands, Viktoriaans, Georgiaans, Edwardiaans en Art Deco.

'n Praktiese werkswinkel aangebied deur professionele fotograaf en geregistreerde toergids, Peter Haarhoff, van die Cape Photographic Company. Eie digitale SLR-kamera noodsaaklik. Geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe, én vir eiendomsagente.

Plek: Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl
Datum: Saterdag 3 Maart 2012
Tyd: 08:00-16:00 Koste: R600 (Notas, tee/koffie en middagete ingesluit)
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Natuur-fotografiewerkswinkel

* Leer of verbeter jou natuur-fotografievaardighede terwyl jy die nuwe Taalmonument-wandelpad (1.2km) stap

'n Praktiese werkswinkel aangebied deur  professionele fotograaf en geregistreerde toergids, Peter Haarhoff, van die Cape Photographic Company. Eie digitale SLR-kamera noodsaaklik. Geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe.

Plek: Taalmonument, Paarl
Datum: Saterdag 24 Maart 2012
Tyd: 08:00-16:00 Koste: R600 (Notas, tee/koffie en piekniekmiddagete ingesluit)
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Boekherstelwerk- en papierkonserveringskursus

* Leer om ou hardebandboeke te herstel

Dié intensiewe driedaagse kursus sal aan deelnemers die nodige kennis en vaardighede oordra om ou hardebandboeke se rûe suksesvol te herstel. Geen vooraf kennis word benodig nie. Die kursus sluit onderwerpe in soos die omgewing en vyande van papier; papiergeskiedenis, Japannese en Westerse papier, greinrigting; die dele van die boek en die konstruksie daarvan; bladsyherstelwerk en invoeging van los bladsye; kleefstowwe; boekrugherstelwerk en gebruik van Oxford-buise; en herstel van skutblaaie en die kapiteelarea.

Die aanbieder is die konserveringspesialis Johann Maree, wat sy opleiding ontvang het by die Switserse Centro del Bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek. Hy was vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, en het reeds verskeie konserveringskursusse nasionaal en internasionaal aangebied.

Datum: 11-13 Junie 2012  Plek: Die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl
Tyd: 09:00-1300 en 14:00-16:30 Koste: R1 450 (eie toerusting)/R1 650 (toerusting ingesluit). Middagete en tee/koffie ingesluit.
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Datum: 5-7 Maart, 8-10 Maart 2012 Plek: Ditsong Nasionale Museum van Kultuurgeskiedenis, Pretoria
Tyd: 09:00-1300 en 14:00-16:30 Koste: R2 200 (gereedskap ingesluit) of R2 000 (eie gereedskap). Middagete en tee/koffie ingesluit.
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Hand-boekbindkursus

* Leer om jou eie boeke te bind (goeie voorbereiding vir die Boekherstelwerk- en papierkonserveringkursus)

ʼn Kursus in hand-boekbindwerk word oor drie dae aangebied deur die konserveringspesialis Johann Maree. Hy het sy opleiding ontvang by die Switserse Centro del bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek en was vir 28 jaar werksaam by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad.

Datum: 24-26 April 2012 (Paarl)
Tyd: 09:00-1300 en 14:00-16:30 Koste: R1 650 (eie toerusting)/R1 850 (toerusting ingesluit). Middagete en tee/koffie ingesluit. Materiaal ingesluit.
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 344 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Gevorderde boekherstelwerkkursus

ʼn Gevorderde kursus in boekherstelwerk aangebied deur die konserveringspesialis Johann Maree. Hy het sy opleiding ontvang by die Switserse Centro del bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek en was vir 28 jaar werksaam by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad.

Datum: 9-11Oktober 2012 (Paarl) Koste: Beskikbaar op aanvraag.
Besprekings: Beperkte plek beskikbaar. Kontak Amira Clayton tel. 021 872 3441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

* Dieselfde toerusting word vir al die kursusse gebruik

Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441