‘n Begeleide toer is die beste manier om die monument te ervaar. Of ontdek dit op jou eie – inligtingspamflette is beskikbaar by ons Besoekersentrum.

Kliek hier om meer oor die geskiedenis van die monument te leer.

  • Gratis begeleide toere word by die Taalmonument aangebied (weeksdae: op versoek tussen 08:00 en 11:30 en tussen 14:30 en 16:45, naweke en vakansiedae: op vasgestelde tye, naamlik 10:00, 11:00, 12:00, 13:00 en 14:00). ’n Toer duur sowat 20 minute. Doen navraag by die Besoekersentrum by die Taalmonument. Voorafbespreking word aanbeveel.
  • Maak ‘n afspraak vir ‘n gratis begeleide toer:
    Tel +27 (0)21 863 4809/0543
    E-pos navraag