Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het op Saterdag, 5 Oktober 2019, ’n koeldrank- en waterpunt hanteer tydens die BAIC Paarlberg Challenge. Die wedloop word as die mooiste in die Boland beskou en is die 2de oudste (sedert 1935) in die land. Personeel het die dorstige drawwers, veral dié wat die 21,5km aangedurf het, by twee plekke met koeldrank en water uitgehelp. www.taalmonument.co.za.