Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting

Welkom

Welkom by die webtuiste van Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (Paarl, Wes-Kaap, Suid-Afrika). Die Taalmonument is geleë op Paarlberg, terwyl die Taalmuseum ingerig is in die voormalige huis van Gideon Malherbe, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Wie ons is

Gee jou mening

Ons wil graag weet wat jy dink van die Taalmonument - is dit manjifiek en uniek of oud en koud?

Ons besoekersvraelys is nou aanlyn beskikbaar. Dit sal jou slegs ʼn minuut of twee neem om te voltooi. Jou terugvoering sal ons help om in die toekoms ʼn beter diens te lewer. Dié vraelys is ontwerp in samewerking met Stephen Smith, ’n Australiër wat sy doktersgraad oor taaltoerisme skryf.

Vul die vraelys aanlyn in of laai ’n pdf-weergawe af.

Opvoedkundig én pret

Meer as 2 000 leerders het oor die afgelope jaar opvoedkundige programme by die museum en monument bygewoon.

Spesiale programme is aangebied op herdenkingsdae soos Internasionale Moedertaaldag, Erfenisdag en Taaldag. Meer as 400 leerders het die Ongelooflike Resies bygewoon, wat vir die vierde keer in samewerking met Paarl Museum ter viering van Museummaand aangebied is.

Wie, wat & wanneer

Loer na ons dagboek vir besonderhede oor ons piekniekkonserte, volmaanpieknieks en ander geleenthede by die Taalmuseum en Taalmonument.

Bespreek vir ons Boekherstelwerk- of Hand-boekbindkursus.

Monument simboliek

Op soek na inligting vir jou skooltaak of net nuuskierig? Kliek hier vir 'n uiteensetting van die simboliek van die Afrikaanse Taalmonument.

Die Taaljunkies

Sluit aan by die Taaljunkies, ons nuwe klub vir graad 6- tot 12-leerders en studente jonger as 25.

Nuwe sentrum

'n Nuwe oriëntasiesentrum open volgende jaar by die Taalmonument. Dié sentrum sal 'n uitstalarea, kantore en 'n lesinglokaal huisves.

“Die sentrum sal ‘n groot behoefte vul om besoekers beter te oriënteer”, sê Jack Louw, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument. “Ons grootste behoefte is ‘n uitstalarea waar besoekers die ontstaan van Afrikaans op ‘n interaktiewe wyse kan ontdek deur middel van oudiovisuele uitstallings..." Lees meer

Hoe om ons te vind

Maklik - hier vind jy ons kaart met aanwysings en koördinate!

Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
Facebook
Joomla Templates and Joomla Extensions by ZooTemplate.Com
tel: +27(0)21 872 3441