Op die afgelope Suid-Afrikaanse Museumsvereniging (SAMA) se Nasionale Konferensie is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vereer met die 2019 Toekenning vir Publikasie-ontwerp (Kategorie B). Die ATM se kommunikasiebeampte, Sybrandus Adema, was verantwoordelik vir die plakkate en het die prys namens die instelling tydens ʼn dinee in Pietermaritzburg op 24 Oktober ontvang. Onderaan verskyn die reeks inskrywings, waarvan die beoordelaars spesifiek die plakkate rakende Jeugdag en Skerpskryf in Afrikaans-kompetisie uitgelig het. SAMA (sedert 1936) verteenwoordig tans 123 museums landwyd en het 280 lede – leer meer oor hulle by www.samuseums.co.za en volg hulle op Facebook. Die ATM het in 2017 ook ‘n SAMA-toekenning vir publikasie-ontwerp (‘n inligtingsboekie, Kategorie A) gewen. www.taalmonument.co.za