‘n Verskeidenheid artikels en akademiese artikels wat die afgelope paar jare oor Afrikaans asook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument verskyn het. Kontak ons gerus met nog voorstelle.

The Taal Monument can be a symbol of hope, nation building and social cohesion – 26 September 2018, www.dailymaverick.co.za

The Taal Monument – Taalmonument in Afrikaans – was partially born in apartheid sin, but it does not mean that the baby should be thrown out with the bathwater. The monument, which in 2020 will celebrate its 45th year, is not just a beacon of hope for a liberated Afrikaans, but for all African languages, writes the director, Michael Jonas.

“My first real acquaintance with the wonders of Afrikaans and the educational value of the language was around standard 5 (Grade 7) thanks to DJ Opperman’s Groot Verseboek (a definitive collection of Afrikaans poetry). This masterpiece with its blue cover made its way into the Jonas household in a Stellenbosch suburb as a book prize that my older brother, Johnny, received as a top achiever in Afrikaans in his matric year. His love for and studies in languages at the University of the Western Cape as well as his anti-apartheid activism, also IN Afrikaans, in the 1980s left lasting impressions on my formative years…”
[Read full article here] [PDF version can be found here] 

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en maatskaplike samehorigheid – 31 Julie 2018, www.litnet.co.za

In 2020 vier die ikoniese Taalmonument by die Paarl sy 45ste jaar. In die aanloop daarna toe neem Michael Jonas, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se direkteur van die afgelope twee jaar, bestek van die verlede en deel sy visie oor die monument op Paarlberg, die museum in Paarl asook Afrikaans. Hy belig ook die belang van linguistiese diversiteit en waarom die ATM nie net ’n baken van hoop vir Afrikaans is nie, maar vir álle Afrikatale.

“My eerste werklike kennismaking met die wonders van Afrikaans en die taal se opvoedkundige waarde was rondom standerd 5 (graad 7) danksy Groot verseboek onder redakteurskap van DJ Opperman. Hierdie meersterstuk met sy blou omslag het in die Jonas-huishouding in ’n Stellenbosch-woonbuurt beland as ’n boekprys wat my ouer broer, Johnny, as toppresteerder in Afrikaans in sy matriekjaar ontvang het. Sy liefde vir en studies in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook sy anti-apartheid aktivisme, ook ín Afrikaans, in die 1980’s het blywende indrukke op my in my vormingsjare gelaat…”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die klassifikasie van Afrikaans
Deur Ernst Kotzé – 31 Julie 2018, www.litnet.co.za

Om Afrikaans as taal te klassifiseer, is dus ’n kwessie van norm. In die geval van ’n geografiese vertrekpunt is Afrikaans ’n Afrikataal wat hier ontstaan en ontwikkel het en die naam van die vasteland weerspieël (die enigste taal in Afrika waarby dié kenmerk voorkom). In die geval van ’n genealogiese benadering is dit ’n Indo-Germaanse taal (verlangs selfs verwant aan Hindi), en meer spesifiek Wes-Germaans, wat onderlinge verstaanbaarheid met tale soos Nederlands en (in ’n mindere mate) Duits moontlik maak. Vanuit ’n kreoliseringsbenadering het Afrikaans voortgekom uit ’n kontaksituasie waarin sprekers van sowel verwante as onverwante tale hulle stempel gelaat het op dit wat uiteindelik deur hulle nageslag as moedertaal oorgedra is…
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Dank Antjie Krog, voor het Afrikaans – 13 April 2018, NRC Handelsblad, www.nrc.nl

Nederlands- en Afrikaanssprekenden komen er steeds vaker achter dat ze met elkaar kunnen praten, schrijven Margriet van der Waal en Guido van den Berg.

“…Met de prijs wordt niet alleen het schrijverschap van Krog gelauwerd. Ook wordt er, weliswaar impliciet, aandacht gevraagd voor de taal waarin zij de meeste van haar gedichten heeft geschreven: het Afrikaans. Daarom is Krogs prijs ook een erkenning van het Afrikaans als (literaire) taal…”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

More than an oppressor’s language: reclaiming the hidden history of Afrikaans
By Hein Willemse – 27 April 2017, www.theconversation.com

The language of Afrikaans remains a contested issue in South Africa. The controversy over the medium of instruction at traditionally Afrikaans universities such as Stellenbosch has brought this to the fore again. Should it be in Afrikaans, English, a combination, or a hybrid which will include other South African languages? The institution has to find ways to continue to advance Afrikaans without the perceptions and experiences of racist behaviour associated with early and ruling Afrikaner nationalist practices. It’s essential to consider the current status of Afrikaans, as well as its history. Many South Africans of every hue have contributed to the language’s formation and development. Afrikaans also has a “black history” rather than just the known hegemonic apartheid history inculcated by white Afrikaner Christian national education, propaganda and the media…
[Read complete article here] [PDF version to be found here]

Afrikaaps: A Celebratory Protest Against The Racialised Hegemony Of ‘Pure’ Afrikaans
Master’s degree by Menán van Heerden, Stellenbosch University – December 2016

Afrikaaps is a multi-media (Becker and Oliphant, 2014) protest theatre production that has been performed locally and internationally between 2010 and 2015. Afrikaaps, also termed ‘Vernacular Spectacular’, is performed in Kaaps, a vernacular subvariety of Afrikaans. This approximately hourand-a-half production, directed by Catherine Henegan, involved eight mainly hip-hop artists from the Cape Flats. Through artistic means of expression such as hip-hop, performance poetry, jazz, dialogues, etc., Afrikaaps foregrounds issues pertaining to marginalised and stigmatised Kaaps in response to the racialised hegemony of standard/‘pure’ Afrikaans. Central to this response is the celebration of (an ethnified) Kaaps ‘coloured’ identification…
(Afrikaaps is ’n multi-media (Becker en Oliphant, 2014) protes-teaterproduksie wat plaaslik en internasionaal tussen 2010 en 2015 opgevoer is. Afrikaaps, wat ook ‘Vernacular Spectacular’ (Omgangstaalskouspel) genoem word, word in Kaaps, ’n vernakulêre variëteit van Afrikaans, opgevoer. Hierdie ongeveer uur-en-’n-half-lange produksie onder regie van Catherine Henegan betrek agt hoofsaaklik hip-hop kunstenaars van die Kaapse Vlakte. Deur artistieke vorme van uitdrukking soos hip-hop, die gesproke woord, jazz, dialoog, ens., laat val Afrikaaps lig op kwessies in verband met gemarginaliseerde en gestigmatiseerde Kaaps in reaksie op die rasse-hegemonie van standaard/‘suiwer’ Afrikaans. Sentraal tot hierdie reaksie is die viering van ʼn (‘ge-etnifiseerde’) ‘bruin’ Kaaps-identifikasie…)
[Read complete PDF thesis here]

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 40 jaar later
Deur dr Annemarie van Zyl en prof Jannie Rossouw
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No. 2-1: Junie 2016

In hierdie artikel word die rol en waarde van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl geëvalueer in die lig van die veertigste herdenking van die inwyding van die Monument. Die Monument het vanaf die eerste oomblik wat die idee posgevat het, gelei tot kritiek en tweespalt. Hierdie artikel ondersoek elke tipe kritiek wat destyds teen die Monument uitgespreek is, naamlik die wenslikheid, ligging, voorkoms, aard of funksie, simboliek en ideologie, en evalueer terugskouend die geldigheid daarvan al dan nie.
(The Afrikaans Language Museum and Monument in Paarl: 40 years later
This paper reports on the background and history of the Afrikaans Language Museum and Monument in Paarl and examines the relevance of the entity in the South Africa of today… Among the aspects debated before, during and after the erection of the Monument, the most important were issues of location, aesthetics, function, symbolism and ideology. The very fact of building a tangible structure such as a monument for intangible heritage, namely language, was questioned in terms of the necessity, practicality and advisability of such an undertaking…)
[Lees die volledige PDF-artikel hier]

Afrikaans 90: Afrikaans is ʼn taal van hoop
Deur Danie Langner (FAK) in ‘Hoekom Afrikaans?’ – 2015

Professor Kwasi Prah van Ghana het tydens die 2010 “De Rondetafel Conferentie voor Afrikaans” in Amsterdam die ontwikkeling van Afrikaans as een van die drie taalwonderwerke in die wêreld beskryf (die ander is moderne Hebreeus en Bahasa in Indonesië). In vyftig jaar het Afrikaans van ’n huis-, tuin- en kombuistaal tot ’n kansel-, universiteits- en ekonomiese taal ontwikkel wat met enige ander wêreldtaal kan meeding. Prah ook verwys na die feit dat Afrikaans ʼn Afrikataal is en derhalwe ʼn belangrike ontwikkelingsinstrument in die aanspreek van die knellende Suid-Afrikaanse armoedevraagstuk is…
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Swart Afrikaanse skrywers, Afrikaans en die literêre kanon – Perspektiewe op Afrikaans in die werk van swart Afrikaanse digters in post-apartheid Suid-Afrika
Deur Louisa Viljoen – Januarie 2013, www.researchgate.net

Enige bespreking van die manier waarop swart Afrikaanse digters in hulle poësie kommentaar lewer op die taal waarin hulle skryf na Suid-Afrika se oorgang van demokrasie in 1994 moet noodwendig begin met ’n verwysing na die ambivalente status van Afrikaans. Studies oor die ontwikkeling van Afrikaans is dit eens dat die taal gevorm is deur die interaksie van die Nederlands gepraat deur die eerste setlaars in Suid-Afrika met die Maleis gepraat deur slawe, die Kreool-Portugees gebruik deur matrose sowel as slawe en die inheemse taal Khoi; ook dat dit spore van Duits, Frans, Arabies, Afrika-tale en Engels bevat…
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Reshaping Remembrance – Language Monuments
by Siegfried Huigen in ‘Reshaping Remembrance – Critical Essays On Afrikaans Places Of Memory’ – 2011, www.rozenbergquarterly.com

The year 1975 was declared Language Year by the South African government, and 14 August was declared a public holiday in celebration of the centennial of the Genootskap van Regte Afrikaners (Society of Real Afrikaners) so that ‘people all over the country can celebrate the birthday of Afrikaans’. On that day, the festivities commenced at the Voortrekker Monument in Pretoria. In memory of the eight founding members of the Genootskap van Regte Afrikaners, eight ‘language torches’ departed from the Voortrekker Monument to all corners of the Republic and to South West Africa (Namibia). In the following months, Afrikaans newspapers regularly covered the ‘Miracle of Afrikaans’, reporting on local festivities and publishing articles on the history of the Genootskap. One lasting outcome of this enthusiasm was a little-known language monument unveiled in East London on 9 September as part of a local language festival…
[Read complete article here] [PDF version can  be found here]

‘n Voorlopige verkenning van postapartheid Afrikaanse protesmusiek
Deur Burgert A. Senekal en Cilliers van den Berg – 6 Junie 2010, www.litnet.co.za

Meer as twee dekades ná Voëlvry is Afrikaanse protesmusiek weer eens ’n kwessie wat toenemend aandag geniet in die media. In ’n groeiende aantal liedjies wat oor bykans elke genre strek, skryf Afrikaanse musikante oor temas wat die breë Suid-Afrikaanse publiek raak, soos misdaad, armoede en korrupsie, maar ook oor kwessies van die nuwe bedeling wat hoofsaaklik Afrikaners raak, byvoorbeeld ’n gevoel van uitsluiting uit die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap, soos vergestalt in pleknaamverandering, Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging…
(A preliminary exploration of post-apartheid Afrikaans protest music
More than two decades after Voëlvry, Afrikaans protest music is once again becoming a phenomenon enjoying growing media attention. Across almost every music genre, South African musicians are writing songs addressing issues affecting South Africans in general, such as crime, corruption and poverty, but they are also singing about issues concerning mostly the Afrikaner – feelings of estrangement and exclusion from the wider South African context as manifested by place name changes, Affirmative Action and Black Economic Empowerment..)
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Waar is die nuwe generasie swart Afrikaanse skrywers?
Nèlleke de Jager – 13 Junie 2007, www.litnet.co.za

Fred Khumalo, ’n bekende rubriekskrywer en joernalis van Sunday Times, het ’n paar weke gelede ’n hond in die hoenderhok losgelaat met sy vraag: “Waar is die nuwe generasie swart skrywers in Suid-Afrika? Is daar werklik ’n nuwe golf post-1994 swart skrywers wat dui op ’n nuwe literêre bewussyn? Of misgis ons ons?” Nogal gewaagde woorde, veral van iemand wat self lid is van die swart skrywersgeledere…
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

 

https://afrikaansefilms.com/flieks

http://storievanafrikaans.co.za/

https://af.wikipedia.org/wiki/Arabiese_Afrikaans

https://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaans

https://en.wikipedia.org/wiki/Afrikaans_speaking_population_in_South_Africa

https://en.wikipedia.org/wiki/Afrikaans