ATM-Construction12

Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl se sending om kontak te maak met enigiemand wat help bou het aan hierdie ikoniese beeldhouwerk het reeds vrugte afgewerp. Fakkeldraers, messelaars en mense wat by die opening betrokke was, het hul verhale vertel sodat die nageslag ’n beter insig in die totstandkoming van die monument, wat 45 jaar jonk is in 2020, kan kry.

Hulle sluit in Andre Smit,’n fakkeldraer, Andre van Zitters, seun van messelaar Jacobus van Zitters, beter bekend as ‘Oem Jack’, Appollis Zwaan, ’n motorwerktuigkundige, Ernie Williams, ’n timmerman, Gysbert Visser, die kontrakbestuurder, Isaac Lakay, wat bekisting gedoen het,  Kosie Hanekom, administratiewe direkteur van Holtzhausen en Hugo asook Victor Hugo, ‘n algemene voorman. Verder het dr. Danie Geldenhuys, hoofsekretaris van die Volkskomitee en werkskomitee van die Taalmonument en Malcolm Austin, wat help bou het aan die pad na die monument, ook met ons gesels.

Tog is daar nog baie meer mense waarmee die Taalmonument wil praat. Ken jy dalk iemand wat betrokke was by die bouwerk? Indien wel, skakel gerus Chantelle de Kock op 021 872 3441/2018 of e-pos kurator@taalmuseum.co.za en stuur hierdie versoek na mense wat dalk hiermee kan help.

Sien www.taalmuseum.co.za vir meer inligting.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: kultuur, natuur en plesier. Én omgee vir die gemeenskap van hier.