Aanwysings na die Taalmuseum in Pastorielaan
(Let wel: die museum en monument is op twee verskillende plekke – 7,5km van mekaar – geleë.)

Neem die Nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Bly op Hoofweg (rigting Paarl-sentraal) vir ongeveer 4km deur verskeie robotte en kruisings totdat McDonald’s op die linkerkant gewaar word. Draai reg oorkant dit regs in Pastorielaan. Volg Pastorielaan vir ongeveer 200m tot u die Taalmuseum aan u regterkant sien. Die Historium Konferensiesentrum is die gebou aan die linkerkant van die Taalmuseum.

Adres: Pastorielaan 11, Paarl
GPS-koördinate: 33° 44′ 03.30″ S 18° 57′ 48.46″ O