taalmonument aandwedloop night race 2015Aandwedloop ten bate van outisme

Kom stap of draf saam – en help so om geld in te samel vir die Boland Skool vir Outisme – dis so maklik soos om in te skryf vir die Afrikaanse Taalmonument en Paarl Atletiekklub se jaarlikse Aandwedloop op Woensdag 9 Desember 2015. Medaljes, kontantpryse en gelukkige trekkings is op die spel.

Boland Skool vir Outisme, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, is in 2010 gestig. Vandag huisves die skool meer as 20 leerders wat van sover as Tulbagh, Stellenbosch, Saron en Wellington kom. Die skool se span bestaan uit onderwysers, assistente, arbeids- en spraakterapeute, ’n biokinetikus, ’n opvoedkundige sielkundige en ’n skoolbestuurder. Ouers kan nie altyd al hierdie dienste bekostig nie.

Die 5 km-Woordloop, wat om 18:40 begin, is bedoel vir die hele gesin. Stootwaentjies is welkom. Die inskrywingsfooi is R15. Deelnemers skryf met ‘n woord in in plaas van met ‘n nommer.

Die 10km-Aandwedloop, wat volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, begin om 18:30. Dit volg ‘n opwindende en uitdagende roete op teer- en grondpaaie. Stappers is welkom. Die inskrywingsfooi is R40. Tydelike nommers (vir diegene wat nie lede van ‘n atletiekklub is nie) is beskikbaar teen R30.

Deelnemers kan op drie maniere inskryf: aanlyn by www.entrytime.com (https://www.entrytime.com/event-details/?EventId=4544) / www.sa-active.co.za (teen R6 ekstra per inskrywing, spertyd is op 03.12.15), by die Taalmonument (daagliks vanaf 08:00 tot 17:00), asook op die dag van die wedloop tussen 17:00 en 18:15.

Toegang is gratis vir ondersteuners. Eie piekniekmandjies is welkom en verversings sal te koop aangebied word. Vir navrae oor die 10 km-Aandwedloop, kontak Sybrand du Plessis by 083 444 6940, en vir navrae oor die 5 km-Woordloop, kontak Amira Clayton by tel. 021 863 4809/0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.